Kompetisiereëls

Wen ’n Geskenkpak

Die Reëls – Kompetisiereëls

1. Deelname aan hierdie kompetisie word gereguleer deur hierdie bepalings en voorwaardes (“die Reëls”).

2. Deelnemers word aangemoedig om die Reëls eers na te gaan, alvorens hulle inskryf vir die kompetisie en erken dat hulle geleentheid gehad het daarvoor en dat die Reëls dus verstaan en aanvaar word.

3. Die kompetisie word bestuur deur Bioskoop.

4. Al Bioskoop se kompetisies word aangebied in ooreenstemming met die bepalings van Afdeling 54 (1) van die Wysigingswet op Loterye (46 van 2001).

5. Die kompetisie sluit 20 Februarie 2020 om 22:00 stiptelik. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

6. Deur aan die kompetisie deel te neem, stem die deelnemer in om aan die kompetisie se reëls en regulasies te voldoen.

7. Slegs aanlyninskrywings deur die Woorise-stelsel sal aanvaar word. Inskrywings per faks, geregistreerde pos, e-pos of enige ander manier as gespesifiseer sal gediskwalifiseer word. (Instruksies is beskikbaar op die Kompetisie blad op die web.)

8. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

9. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie.

10. Werknemers van Bioskoop, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

11. Die kompetisie is slegs oop vir enige Suid-Afrikaanse resident, 18 jaar of ouer.

12. Finaliste moet bereid wees om deur Bioskoop en ander media afgeneem en verfilm te word as dit met die kompetisie verband hou.

13. Die finaliste sal per e-pos verwittig word en sal daarna ’n telefonies oproep as bevestiging ontvang.

14. Die wenner moet binne 24 uur na hul naam aangekondig is, met Bioskoop in verbinding tree, anders sal die prys verbeur word; of aan die volgende wenner gegee word.

15. Die wenner sal hulself moet identifiseer deur bewys van ‘n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument , paspoort of rybewys.

16. Die aankondiging van ‘n wenner beteken nie dat die bestuur aangedui het dat die wenner aan al die reëls voldoen het nie. Bioskoop mag ‘n deelnemer diskwalifiseer nadat die wenner aangekondig is as hulle bewus word van enige oortreding van die reëls.

17. Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie.

18. Bioskoop bied hierdie wedstryd as ’n diens vir sy gebruikers aan.

19. Bioskoop en die borge (Cape Fynbos Wines and Spirits/ Grapegrinder, Fitch & Leedes/ Chill Beverages International, Hermanuspietersfontein Wines, Honest Chocolate en FastWay Couriers) word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse.

20. Bioskoop en die prysborge behou die reg voor om kompetisies enige tyd te kanselleer as hulle dit nodig ag en/of as omstandighede buite hulle beheer dit noodsaak.

21. Bioskoop behou die reg voor om die pryse en reëls op hulle eie diskresie te verander. Geen deelnemer sal enige verhaling teen Bioskoop hê as gevolg van die verandering van die pryse en reëls nie.

22. Bioskoop sal alles redelik doen om te verseker dat die prys wat in die publisiteitsmateriaal beskryf is, die een is wat afgelewer word, maar kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar as die prys gedeeltelik of in geheel verskil van wat geadverteer is nie.

23. Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer.

24. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om die reëls te gehoorsaam en kommunikasie van Bioskoop en die borge van Bioskoop – Wen ’n Geskenkpak per e-pos te ontvang.

25. ’n Deelnemer stem toe tot die verwerking, gebruik en stoor van die deelnemer se persoonlike inligting deur Bioskoop asook sy borge vir kommunikasie en statistieke doeleindes.

26. Die prys sal slegs binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika afgelewer word.

27. Enige oortreding of poging om enige van die reëls te oortree, sal lei tot die onmiddellike diskwalifisering van die oortreder.

28. Bioskoop mag ‘n oortreder verbied om aan enige van Bioskoop se kompetisies deel te neem vir ‘n periode wat vasgestel sal word deur Bioskoop se bestuur.

WORD DEEL VAN DIE

Nie-Winsgewende Organisasie