Die Bioskoop.co

Bepalings & Voorwaardes

ALGEMEEN

DIE MAATSKAPPY

Naam: Bioskoop (“Die Maatskappy”)
Registrasienommer: 2019/410085/08
Direkteure: Hendrik Lambert Bronkhorst; Anna-Marie Jansen van Vuuren; Hendrik Gerhardus Abraham Ehlers; Deonette Helene Theart

DIE MAATSKAPPY SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: info@bioskoop.co en/ of nuus@bioskoop.co

Adres: 28 Pyracantha Straat, Heldervue, Somerset-Wes, 7135, Suid-Afrika

AANVAARDING VAN HIERDIE GEBRUIKSOOREENKOMS DEUR JOU

Jy mag Die Maatskappy se diens en webtuistes gebruik, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat in hierdie dokument uiteengesit word.
Hierdie ooreenkoms is geldig en bindend vir-, en afdwingbaar op alle persone met toegang tot hierdie webtuiste of ’n gedeelte daarvan. Lees asseblief hierdie gebruiksooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy die gebruiksooreenkoms aanvaar en gebind word daardeur. Verlaat Die Maatskappy se webtuiste onmiddellik as jy nie die bepalings van hierdie gebruiksooreenkoms aanvaar nie, aangesien verdere gebruik jou outomaties tot hierdie gebruiksooreenkoms verbind, ondanks enige verskille wat jy met die bepalings van hierdie beleid mag hê.

VARIASIE

Die Maatskappy behou die reg voor om hierdie ooreenkoms of enige gedeelte daarvan te eniger tyd sonder vooraf kennisgewing of regverdiging te verander. Enige wysigings van hierdie aard sal op hierdie bladsy aangetoon word. Lees asseblief hierdie gebruikersooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy enige veranderings aanvaar (wat in werking sal tree sodra dit op die webtuiste geplaas word) as jy voortgaan om hierdie webtuiste te gebruik nadat dit geplaas is.

DIE HELE GEBRUIKSOOREENKOMS

Hierdie gebruiksooreenkoms geld as die hele ooreenkoms tussen jou en Die Maatskappy en vervang enige en alle voorafgaande beloftes, verteenwoordigings, ooreenkomste, beleide en verstandhoudings van enige aard. In sover enige deel van hierdie gebruiksooreenkoms as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar deur enige hof met die gepaste jurisdiksie verklaar word, in welke geval so deel van die oorblywende bepalings geskei sal word, die res steeds afdwingbaar en van toepassing sal wees, soos deur die reg toegelaat.

ONVERMOË OM AF TE DWING

Enige onvermoë deur Die Maatskappy om enige reg of voorwaarde van hierdie ooreenkoms uit te voer of af te dwing, sal nie as vrywaring van sodanige reg of voorwaarde geag word nie. Die Maatskappy het die reg om sy regte en verpligtinge ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms te sedeer, toe te ken of andersins oor te dra aan enige derde party.

REGSKOSTES

Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige kostes wat deur jou aangegaan is vir professionele advies oor hierdie gebruiksooreenkoms nie.

JURISDIKSIE

Hierdie gebruiksooreenkoms word deur die wette van Suid-Afrika gereguleer. Jy stem toe dat enige regsaksie wat ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms mag voortspruit, in die gepaste Suid-Afrikaanse hof begin en aangehoor sal word.

FINANSIEEL

KREDIETKAART-BETAALOPSIES

Suid-Afrika is die handelende land teen die tyd wat betaalopsies aan die kaarthouer getoon word. Die geldeenheid waarin die transaksies plaasvind is Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
Ander betaalmetodes wat deur Die Maatskappy aanvaar word, is betaling deur middel van Visa- of MasterCard-kredietkaarte. Die Maatskappy het alle moontlike maatreëls daargestel om te verseker dat kredietkaartbetalings op Die Maatskappy se webtuiste veilig is. Die primêre maatreëls wat daargestel is om hierdie sekuriteit te verseker, is as volg:
Kredietkaarttransaksies sal vir Die Maatskappy verkry word via PayFast (Edms.) Bpk (www.payfast.co.za)
Die Maatskappy stoor nie kredietkaartbesonderhede op ons stelsel nie. Die Maatskappy stuur eenvoudig die kredietkaartbesonderhede aan PayFast (Edms.) Bpk wat die transaksie goedkeur.
Die Maatskappy en PayFast (Edms.) Bpk gebruik streng enkodering. Geen kredietkaartbesonderhede sal ooit via onveilige metodes, soos per e-pos gestuur word nie.
Behalwe waar anders gestel in hierdie ooreenkoms, is die reëls, prosesse en prosedures van PayFast (Pty) Bpk en die relevante betalende bank, finaliserende bank en kaartvereniging van toepassing op alle betalings en transaksies wat op hierdie webtuiste aangegaan word en jou regte en verpligtinge, met betrekking tot uitstaande betalings aan of deur jou, sal daarvolgens beslis word.
Ondanks Die Maatskappy se nakoming van die bostaande primêre maatreëls, vrywaar jy hiermee Die Maatskappy van aanspreeklikheid vir enige skade, verlies of skuld van enige aard voortspruitend uit die betalings en transaksies op hierdie webtuiste aangegaan.

FOOIE EN KOMMISSIE

Die Maatskappy kan die volgende fooie hef vir dienste wat aan transaksies verwant is, soos skenkings, wysigings, regstellings of kansellasies van die transaksie. Die Maatskappy kan betalings of kommissie van Verskaffers vir dienste ontvang. Die Maatskappy kan addisionele diensaanbiedings, standaarddiens of pakket, aanbied wat direk deur Die Maatskappy of deur ’n agent wat hom as die Verskaffer voordoen aangebied word.

ONTEVREDENHEID

Indien jy, om welke rede ook al, ontevrede is met jou aankope, skakel asseblief onmiddellik Die Maatskappy. Indien jou ontevredenheid gedurende jou aankope na vore tree, word jy aangemoedig om Die Maatskappy onmiddellik te kontak, indien moontlik, sodat die situasie reggestel kan word. Indien jy ons ná jou aankope kontak, moet dit asseblief binne ’n week na jou aankope gebeur. Ons waarborg egter nie dat ons jou ontevredenheid sal kan regstel nie.

BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID

Indien, ongeag die oorblywende bepalings van hierdie verbruikersooreenkoms, ons aanspreeklik is vir enige skade, sal die aanspreeklikheid beperk word tot die maksimum geldwaarde wat jy aan ons betaal het.

VRYWARING

Nóg Die Maatskappy nóg enige van sy lede, werknemers, beamptes, verteenwoordigers, agente, konsultante, verskaffers, diensverskaffers of subkontrakteurs (“Gevrywaarde Partye”), sal aanspreeklik wees vir enige direkte, indirekte, spesiale of daaruitvolgende verliese of skade van welke aard ook al wat die gevolg is van:
jou toegang tot, of gebruik van hierdie webtuiste; of
jou aankoop van/of gebruik van enige van die produkte of dienste beskikbaar op hierdie webtuiste; of
die onbeskikbaarheid van enige van die produkte of dienste wat op hierdie webtuiste voorsien word; of
die onvermoë om toegang tot hierdie webtuiste te kry of die produkte en/of dienste wat op hierdie webtuiste beskikbaar is te gebruik; of
die gebruik van hiperskakels op hierdie webtuiste of die gebruik van of afhanklikheid van enige webtuiste vanwaar jy tot by of vanaf hierdie webtuiste met ’n hiperskakel beweeg; of
toegang tot of die onvermoë om webtuistes wat met hierdie webtuiste skakel; of
toegang en/of gebruik van hierdie webtuiste deur enige persoon vanuit ’n regsgebied waarbinne so ’n aktiwiteit verbode is; of
die voorlegging of oordrag van inligting of inhoud op of deur hierdie webtuiste deur jou; of
die oortreding van hierdie gebruiksvoorwaardes of enige ander wette, regulasies of reëls deur jou; of
inligting of inhoud wat jy ingedien het aan Die Maatskappy wat ’n oortreding is van enige wet of skending van ’n derde party se regte (dit sluit in, maar is nie beperk tot, laster, inbreuk maak op privaatheid, verbreking van vertroue of inbreuk van kopiereg of enige ander intellektuelle eiendomsreg).
jou interaksie met enige Verskaffer. Sulke interaksies mag enige produkte bevat maar is nie beperk tot produkte wat deur die Die Maatskappy se webtuiste of dienste aangekoop is nie.
Die interaksie van enige klient wat met enige aankope wat deur Die Maatskappy se webtuiste of dienste met enige Verskaffer geassosieer word. Sulke interaksies sluit in, maar is nie beperk tot enige aankope wat deur Die Maatskappy se webtuiste of dienste vermaak is of enige skenking wat deur Die Maatskappy se webtuiste of dienste vervolmaak is nie.
Hiermee vrywaar jy Gevrywaarde Partye van enige verliese, skade, skuld, eise en kostes van watter aard ook al, hetsy vergoedend, direk, bykomend, gevolglik of andersins, wat aangegaan is deur die Gevrywaarde Partye wat ontstaan uit, of op enige manier verband hou met, (i) tot (xii) hierbo.
Die Maatskappy behou die reg voor om enige eise wat ontstaan vanuit die bogenoemde te verdedig en te bestuur en jy kom ooreen om ten volle saam te werk met Die Maatskappy gedurende verderdigings van so ’n aard.

GEBRUIK VAN DIE WEBTUISTE

TOEGELATE GEBRUIK VAN HIERDIE WEBTUISTE

Jy mag slegs op hierdie webtuiste vir legitieme, persoonlike en nie-kommersiële doeleindes soek en mag nie die webtuiste gebruik vir:
skadelike doeleindes; of
onwettige doeleindes; of
die bekendmaking, uitdeel of publikasie van inhoud wat aanstootlik, lasterlik, gereguleerd, foutief, onwaar, verbode, wederregtelik of skadelik kan wees vir enige persoon; of
die skep, stoor en stuur van ongevraagde kommersiële kommunikasie.
Name, e-posadresse, telefoon- en faksnommers wat op hierdie webtuiste gepubliseer is, mag nie opgeneem word in enige databasis wat vir elektroniese bemarking of soortgelyke doeleindes gebruik word nie. Geen toestemming word gegee of geïmpliseer dat inligting op hierdie webtuiste gebruik mag word om ongevraagde kommunikasie met Die Maatskappy te hê nie, en alle regte uitvoerig meegedeel in afdeling 45 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 (“EKT-wet”) word voorbehou.
Indien jy inligting van hierdie webtuiste gebruik en sodoende hierdie gebruikersooreenkoms oortree, behou Die Maatskappy die reg voor om skadevergoeding te eis en/of strafregtelike stappe teen jou te neem.

SAGTEWARE EN TOERUSTING

Dit is jou verantwoordelikheid om die nodige apparatuur, sagteware, kommunikasie-weë en internet-toegangsrekeninge wat jou in staat stel om toegang tot die internet te verkry, hierdie webtuiste en/of die aflaai van inhoud van hierdie webtuiste, op jou eie onkoste aan te skaf en te onderhou.

INTEKENBESONDERHEDE EN WAGWOORDE

Jy onderneem hiermee om enige en alle wagwoorde wat benodig word vir toegang tot, of gebruik van, die webtuiste te bewaar. Jy sal wetlik gebind word deur enige handeling wat op hierdie webtuiste deur enige persoon met toegang tot jou profiel uitgevoer word. Hiermee vrywaar jy Die Maatskappy van enige skade, verlies of skuld van enige aard na aanleiding van ongemagtigde toegang tot hierdie webtuiste.

JUISTHEID VAN JOU INLIGTING

Jy onderneem hiermee om seker te maak dat al die inligting wat jy aan Die Maatskappy voorsien korrek is en deurentyd bygewerk word. Dit sluit in, maar is nie beperk tot jou naam en jou e-posadres nie. Die Maatskappy is nie aanspreeklik vir enige skade, verlies of skuld van enige aard na aanleiding van enige wanvoorstelling deur jou nie. Indien jy versuim om jou inligting deurlopend by te werk, behou ons die reg voor om jou profiel op te skort of te verwyder.

INTELLEKTUELE EIENDOMSREG

Tensy anders vermeld is hierdie webtuiste, alle teks, beelde, handelsmerke, handelsname, logo’s en ander inhoud hierin vervat, insluitende en sonder beperking, Die Maatskappy se logo en alle ontwerpe, teks, grafika, prente, afgelaaide inhoud, inligting, data, sagteware, klank- en videomateriaal en ander leêrs, domein-name, webblaaie, patente, bronkode, meta-etikette, databasisse, hiperskakels, inhoud en die seleksie en rangskikking daarvan die wettige eiendom van Die Maatskappy of sy lisensiehouers of gebruikers en word teen inbreuk beskerm deur die Suid-Afrikaanse en internasionale kopieregwette en verdrae en mag nie gereproduseer of toegeëien word op enige manier sonder dat Die Maatskappy (of die ander onderskeidelike eienaars, indien van toepassing) vooraf skriftelike toestemming verleen het nie. Hierdie webtuiste en al sy inhoud en regte daartoe word voorbehou onder die naam van Die Maatskappy.
Tensy spesifiek verbied word deur ’n gepubliseerde kennisgewing op enige webblad van hierdie webtuiste, mag daardie gedeeltes van die webtuiste wat jy redelikerwys benodig vir jou eie privaat, nie-kommersiële doeleindes, besigtig, afgelaai en/of gedruk word, op die voorwaarde dat die toepaslike eienaarskennisgewing en/of teensprake aan die kopie geheg is en dat die inhoud van die webtuiste nie op enige wyse gereproduseer, gewysig, aangepas of verwerk word nie.
Behalwe vir bogenoemde word alle ander gebruike van die webtuiste en sy inhoud verbied en sonder om bogenoemde se algemeenheid te beperk, is geen persoon geregtig om inhoud van hierdie aard sonder Die Maatskappy se skriftelike toestemming vooraf te reproduseer, oor te dra, in die openbaar op te voer, uit te deel, aan te pas, te vertaal, te wysig, saam te bind, saam te smelt, te verdeel, beskikbaar te maak, te gebruik of uit te buit vir kommersiële en nie-privaat gebruik of om afgeleide werke van inhoud van hierdie aard te skep.
Jy mag nie die bronkode van hierdie webtuiste wysig, kopieer, gebruik, afbreek, en/of demonteer nie. Jy mag nie die logo’s, ikone of handelsmerke op hierdie webtuiste as hiperskakels, of vir enige ander doel, gebruik sonder skriftelike toestemming van Die Maatskappy nie.
Hierdie webtuiste bevat materiaal wat deur Die Maatskappy besit of gelisensieer word. Dié materiaal sluit in, maar is nie beperk, tot die ontwerp, uitleg, voorkoms, verskyning en grafika nie, en mag onderhewig wees aan kopiereg en/of ander ontwerp- en intellektuele eiendomsregte. Jy mag nie sulke inligting kopieer, dupliseer of gebruik, op ’n ander manier as waarop daar tussen ons en/of die eienaar ooreengekom is nie, of tot die punt waar sulke gebruik bykomend tot jou gebruik van die webtuiste is nie.

AKKURAATHEID VAN INHOUD OP HIERDIE WEBTUISTE

Die Maatskappy onderneem om, binne redelike perke, te verseker dat die inligting wat deur skrywers of instansies op hierdie webtuiste voorsien word korrek en op datum is.
Die skrywers of instansies wat op hierdie webtuiste gelys is, verbind hulself wetlik om ons van inligting te voorsien wat korrek en op datum is.
Jy word aangemoedig om enige onwaar, onakkurate, lasterlike, onwettige, inbreukmakende en/of skadelike inhoud wat op hierdie webtuiste is, onder Die Maatskappy se aandag te bring, en ons sal redelike pogings aanwend om inhoud van hierdie aard, of ’n gedeelte daarvan, te wysig en/of te verwyder indien jy redelike gronde kan voorsien wat bewys dat die inhoud van hierdie aard is.
Alhoewel Die Maatskappy alles in sy vermoë doen om te verseker dat die inligting op die webtuiste op datum en korrek is, is Die Maatskappy nie aanspreeklik vir enige verlies, skending, skade (hetsy direk, as gevolg daarvan, algemeen of spesiaal) of enige koste van enige aard wat, direk of indirek, veroorsaak word deur die gebruik van, voorsiening van of vertroue op enige inligting of dienste voorsien deur of aan Die Maatskappy deur hierdie webtuiste nie.

DIENSONDERBREKINGS

Ons onderneem om ons skenkings- of verkoopsdiens en die tegnologie wat dit ondersteun te handhaaf, maar ons maak geen voorstelling of waarborge, geïmpliseerd of andersins, dat, onder andere, die inhoud en inligting wat beskikbaar is op hierdie webtuiste sonder foute of weglatings is, of dat die diens sonder onderbrekings of foute sal wees nie. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of skuld van welke aard ook al wat voortspruit uit enige foute wat bestaan, of wat van tyd tot tyd kan ontstaan, in Die Maatskappy se diens nie. Jy word aangemoedig om enige moontlike foutwerkings of foute aan Die Maatskappy te meld.
Bowendien sal Die Maatskappy nie aanspreeklik wees vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat opgedoen word as gevolg van die “kuberkraking” van hierdie webtuiste, beplande of onbeplande onderbrekings, of die optrede van diensverskaffers, insluitende alle relevante gasheer- en toerustingverskaffers nie. Hiermee vrywaar jy Die Maatskappy ten opsigte van enige eis wat vooruitspruit uit enige “kuberkraking” of onderbreking van diens.

GEBRUIK VAN HIPERSKAKELS

Die Maatskappy is nie verantwoordelik vir die inhoud, beskikbaarheid, produkte en/of dienste van enige ander webtuiste waarvan af jy toegang tot Die Maatskappy gekry het, of wat jy via ’n hiperskakel op Die Maatskappy kan bereik nie. Waar ons ’n hiperskakel na ’n derde party se webtuiste voorsien, doen ons dit in die oortuiging en vertroue dat so ’n webtuiste inligting bevat, of mag bevat, wat relevant is vir Die Maatskappy. ’n Hiperskakel van hierdie aard gee nie te kenne dat Die Maatskappy die derde party se webtuiste of sy inhoud, produkte en/of dienste hersien of goedgekeur het nie, dit impliseer ook nie dat Die Maatskappy die inhoud, produkte en/of dienste van hierdie webtuistes aanbeveel, onderskryf, ondersteun of daarmee assosieer nie.
Hierdie webtuiste mag nie op enige manier hoegenaamd geraam word sonder dat toestemming vooraf en skriftelik deur Die Maatskappy verleen is nie.

SEKURITEIT
Die Maatskappy sal alle redelike stappe neem om die inhoud van hierdie webtuiste en die inligting wat van jou verkry is te beskerm teen ongemagtigde toegang en/of bekendmaking. Die Maatskappy maak egter geen voorstellings en waarborg nie dat die inhoud van hierdie webtuiste heeltemal veilig is nie.
Ons beveel aan dat jy anti-virussagteware installeer voor jy enige inligting van hierdie webtuiste aflaai en seker maak dat hierdie sagteware versoenbaar is met jou toerusting en gereeld bygewerk word.
Jy mag nie enige skadelike kode, soos rekenaarvirusse, robotte of spioenware, aan hierdie webtuiste of die bediener en rekenaarnetwerk wat hierdie webtuiste ondersteun, aflewer of probeer aflewer, hetsy doelbewus of weens nalatigheid, nie. Nieteenstaande kriminele vervolging, as jy skadelike kode aan hierdie webtuiste aflewer of probeer aflewer, hetsy doelbewus of weens nalatigheid, vrywaar jy Die Maatskappy, sonder enige beperking, teen enige en alle verliese, aanspreeklikheid en skade wat Die Maatskappy mag opdoen as gevolg van so ’n aflewering, poging of skadelike kode.
Jy mag nie enige toestel of program ontwikkel, uitreik of gebruik wat ontwerp is om die sekuriteitsmaatreëls van enige beperkte bladsye, produkte of dienste op hierdie webtuiste te verbreek of te oorkom nie, en Die Maatskappy behou die reg voor om skadevergoeding te eis van enige persone wat direk of indirek betrokke is by die ontwikkeling, gebruik en uitreiking van sulke toestelle of programme.
As jy enige van die misdrywe pleeg wat uiteengesit word in afdelings 85 tot 88 van die EKT-wet, sal jy, nieteenstaande enige kriminele vervolging, aanspreeklik wees vir enige verlies, verpligtinge en skade wat deur Die Maatskappy opgedoen kan word as gevolg van, of wat verband hou met sulke misdrywe.

TOEGANG TOT DIE WEBTUISTE

Die Maatskappy behou die reg voor om jou toegang tot hierdie webtuiste enige tyd te beperk, op te skort of te beëindig indien jy hierdie gebruiksbepalings volgens Die Maatskappy oortree het. So ’n beperking, opskorting of beëindiging sal sonder vooroordeel wees jeens enige regte wat Die Maatskappy teen jou mag hê in verband met so ’n oortreding.
Die Maatskappy het die reg om hierdie webtuiste in sy geheel, of enige afdelings of eienskappe van hierdie webtuiste, te verwyder sonder kennisgewing. Die Maatskappy bied nie enige waarborge of vertoë dat hierdie webtuiste te alle tye, of op ’n spesifieke tyd, beskikbaar sal wees nie.

GEEN WAARBORG

Hierdie webtuiste word voorsien op ’n “soos dit is”-basis, sonder enige waarborge van welke aard ook al, uitdruklik of geïmpliseer, wat betref die werking van hierdie webtuiste, die akkuraatheid van die inligting of die produkte of dienste waarna verwys word op hierdie webtuiste en is nie saamgestel of voorsien om aan jou individuele behoeftes te voldoen nie. Dit is alleenlik jou verantwoordelikheid om jouself tevrede te stel, voor jy hierdie gebruikersooreenkoms met Die Maatskappy sluit, dat die diens beskikbaar van en deur hierdie webtuiste sal voldoen aan jou individuele behoeftes en versoenbaar is met jou hardeware en/of sagteware.

WORD DEEL VAN DIE

Nie-Winsgewende Organisasie