Thys & Trix | Bioskoop

Thys & Trix

'n Komiese herinneringsreis
Film

Film

Info

Regie:Quentin Krog
Teks: Quentin Krog & Frannie van der Walt
Met: Leandie du Randt Bosch, Bouwer Bosch, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Chanelle de Jager, Ivan Zimmerman, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Brendon Daniels, Dann-Jacques Mouton

thefilmfactory.co.za

Flieksioneel

Flieksioneel

Artikel Skrywer

Flieksioneel poog om ‘n tuiste vir die Afrikaanse film daar te stel, wat die bedryf in al sy aspekte vanuit ‘n objektiewe perspektief sal dien en ondersteun. Verder, het hierdie inisiatief ten doel om ‘n bron van inligting te skep wat suiwer op akademiese beginsels en feite gebasseer is. Dit is geïnspireer deur deeglike voorafnavorsing, sowel as ‘n filmprojek wat fokus op die argivering van die Afrikaanse speelfilm.

flieksioneel.co.za

Met die hutsmerk, #PoliceToMeetYou, maak ons kennis met ‘n vars storielyn waarin Bouwer en Leandie du Randt Bosch die hoofrolle van Thys en Trix onderskeidelik vertolk. Die verhaal is geïnspireer deur ‘n herinnering wat Leandie se pa een aand met hulle gedeel het oor hoe hy en sy vrou die aand van hul troue amper met enige onheilighede van die polisie af kon wegkom. Leandie en Bouwer het dadelik weggespring en met ‘n konsep vorendag gekom, wat later ontwikkel en afgerond is deur The Writers Block, onder die bekwame leiding van Quentin Krog (wat ook die regie behartig het). Die enigste vraagteken wat oor die draaiboek hang is die gebrek aan ‘n agtergrondstorie vir Thys en Trix. Maar luister ‘n mens na agter-die-skerms-video’s vind jy uit dat hulle weeskinders is wat vir verskeie redes by die polisiediens betrokke geraak het. Die uiteinde is dat beide ten einde ‘n verskil wil maak.

Sommer met die intrapslag word die plan omver gegooi toe Trix (of is dit nou Susan?) vir Solomons as hulle butler voorstel. Die kersie op die koek is sekerlik wanneer Thys en Trix, as Johan en Susan, blindelings verlei word…

Die Verwey’s se bure, asook hoofverdagtes in die saak, bestaan uit die Janse van Rensburgs (Dorette Potgieter en Zak Hendrikz, oftewel die Alfa-paartjie); die Marais (Chanelle de Jager en Ivan Zimmerman, ‘hippie’-paartjie); die Le Roux’s, ‘n gay kunstenaarspaartjie (Charlie Bouguenon en Deon Coetzeedie gay paartjie) en die ‘onskuldige’ Heidi, wat flikkers na Thys se kant toe gooi. Maar wie is nou eintlik die meesterbrein agter die ongeruimdhede?

Thys &Trix is ‘n storie wat jou huistoe neem, na jou grootwordjare en sibbe-herinneringe. En hierdie nostalgie is presies waarvoor Bouwer en Leandie hoop wanneer hulle uitgevra word oor die boodskap waarmee hulle kykers wil laat. Thys en Trix gee jou die geleentheid om saam te lag oor die ongemaklikhede en frustrasies, maar uiteindelike #siblingliefde tussen broers en susters. Dit is ‘n familiefliek wat lank na die tyd nog sal sorg vir heerlike uitruil van vergete herinneringe.

Bruto(ZAR)

Skerms

Kommentaar

kommentaar