Hollywood In My Huis | Bioskoop

Hollywood In My Huis

Hollywood In My Huis

Film

Film

Info

Regie: Corné van Rooyen

Met: Christia Visser, Edwin van der Walt, Nicola Hanekom, Louw Venter, Vilje Maritz, Leandie du Rand en Elana Afrika-Bredenkamp

www.hollywoodinmyhuis.co.za

HGA Ehlers

HGA Ehlers

Artikel Skrywer

Gerhard Ehlers is ‘n passievolle filmmaker, en het al sedert sy skoolgaan jare die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms behartig. Hy het sy B-Tech graad in Film en Televisie Produksie aan die Tswhane Universiteit van Tegnologie behaal waarna… Lees Meer

Click to accept cookies and enable this content

 

“And the Oscar goes to… Charlize Theron!”

Met hierdie spannende en opwindende aankondiging, is Suid Afrika op die voorgrond geplaas, wat Hollywood betref. Daardie aand in 2004 by die 76ste Oscar seremonie, het ons goue meisie die beeldjie vir Beste Aktrise trots vasgeklem, en elke Suid Afrikaner laat besef dat drome werklik waar kan word. ’n Oomblik later het sy trots aangekondig: “I’m bringing this home to South Africa, my home country!”

Steeds met die fokus by Charlize agter die mikrofoon, sny die rolprent na ’n klein televisieskerm in ’n effens agtergeblewe buurt, waar dié geskiedkundige gebeurtenis homself afspeel. Dis die dromerige oë van matriekmeisie, Jana van Tonder, wat na die skerm staar en so bevind die gehoor hulself in die openingstoneel van die nuutste tiener liefdesverhaal, Hollywood in my Huis.

Die regisseur, Corné van Rooyen, is ‘n nuwe en opkomende naam in die plaaslike rolprentbedryf. Die idee vir Hollywood in my Huis het al by hom vlamgevat in sy studentedae by die AFDA-filmskool en nege jaar later, is die vollgente rolprent verlede jaar aan Kyknet Silwerskermfees gehoorlede vir die eerste keer vertoon. Dit is so goed ontvang dat drie toekennings aan dié rolprent uitgeloof is by die fees. 

Hollywood in my Huis is gemaak vir ’n baie spesifieke teikengehoor, naamlik die  hoërskoolmark. Die storie van Jana van Tonder wat haarself, nes alle ander matriekleerders, in die vreemde en hormonale tienerlandskap bevind, droom daarvan om die populêrste ou in die skool na die matriekafskeid te vra. Jana word met talentvolle oorgawe deur die nuweling, Christia Visser, gespeel.

Slider2- Hollywood in my Huis

Jana se ouers, Tos en Beatrice (vertolk deur Louw Venter en Nicola Hanekom), kan as “kitsch” en effens “anderkant die treinspoor” beskryf word, maar dis hulle agtergrondstorie wat hulle menslik laat voorkom en simpatie by die gehoor laat wen. Ander karakters soos Angelique, die katterige blondine gespeel deur Leandie du Randt, en Vilje Maritz wat die hartebreker en tenniskampioen, Brandon Fourie, speel, is hoogs vermaaklik en hou die gehoor se aandag deurgaans.

2

Maar dit is Frikkie Kruger, gespeel deur Edwin van der Walt, wat die gehoor se harte steel. Frikkie is Jana se beste pêl. Dit is van die eerste toneel af duidelik dat dié twee gemaak is vir mekaar en dat dit net ’n kwessie van tyd is voordat hulle ware gevoelens vir mekaar ontbloot word.

Slider6- Hollywood in my Huis

Hollywood in my Huis is ’n lekker loslit Vrydagaand rolprent vir jongmense wat dagdroom en steeds in ware liefde glo. Die kamerawerk, verwerking en oorhoofse atmosfeer wat geskep word, is veilig speels, maar wat dié tipe genre betref, tog gepas. Die rolprent gaan nie jou lewe handomkeer verander nie, maar dit sal  jou Vrydagaand opkikker en jou tienerhormone op ’n lawwe pretparkrit vat, wat jou tone sal laat omkrul van lekkerkry.

Click to accept cookies and enable this content

Bruto(ZAR)

Skerms

Bitnami