5 Jaar van Kalklig in Kampsbaai

’n Persoonlike rubriek

Nuus

Deur

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Ek het die eerste keer van die Silwerskerm Filmfees gehoor toe ek ‘n uitnodiging ontvang het na dié fees se opening in 2011 in Pretoria. Dit was ‘n swierige affêre wat geopen het met die rooi tapyt vertoning van Diony Kempen se ’n Saak van Geloof met Lelia Etsebeth in die hoofrol. Dít sou opgevolg word deur vertonings deur die week van ikoniese regisseurs soos Manie van Rensburg, Dirk de Villiers en Jans Rautenbach. Laasgenoemdes lui dalk nie ‘’n klokkie by die jonger garde nie, maar hulle is beslis sinoniem met Afrikaanse rolprentwese. En ek moet in hierdie oomblik bieg dat ek in my Naweek-Aktueel radio storie per abuis daarna verwys het as die “Silwerdoek”-filmfees. Jammer, #Silwerskerm. In al my naïwe wysheid het ek geglo dit moet tog die fees van die “silwersdóék” wees.

Nou, ná al die jare, besef ek hoe die naam Silwerskérm juis vooruitskouend was, want dit was tekenend van ‘’n tyd wat gaan kom – met nuwe tegnologiese verwikkelinge – waar flieks op álle skerms vertoon sou word. Dit was ook tekenend van die rol wat die Silwerskermfees sous peel om die loopbane van jong “filmers” (soos Jans Rautenbach dit noem) te skep – wat later ook huishoudelike name op die “klein Kassie” sou word.

Die eerste van diegene was Jaco Smit (Pad na Jou Hart, Vir Altyd). Ek het Jaco toevallig in 2012 ontmoet by die ontbyttafel van die hotel waar ons gebly het in Groenpunt. Dit was die eerste jaar wat die Silwerskermfees in Kampsbaai plaasgevind het en ek was eintlik daar vir die première van die fliek wat ek geskryf en vervaardig het, Wolf Wolf. Ek het oorgeleun en Jaco gevra of hy dalk ook betrokke is by die fees en of hy dalk ‘’n blink plan met vervoer na Kampsbaai toe het. (Onthou dit was voor Uber gekom het). “Betrokke” sou uitdraai om ‘’n understatement te wees, nadat sy en Beer Adriaanse se fliek Die Buurtwag as beste kortfilm aangewys is. Jaco sou later die regisseur van twee van die grootste lokettreffers tot nóg toe word, terwyl Beer uit eie reg ‘’n bekende gesig vóór en ágter die skerm geword het, onder meer vir Boer soek ‘’n OU (sic) en Hotel.

Nog een van die opkomende talente wat in 2012 bekroon is, was René van Rooyen. René is saam met Jaco aangewys as beste regisseur vir haar kortfilm Nantes en sou later haar speelfilm-debuut maak met Mooirivier asook die dramareeks Getroud met Rugby.

Alhoewel ek nie-amptelik as ‘’n joernalis na 2012 se fees gegaan het nie, kon ek tog nie die geleentheid laat verbygaan om stories en klank te versamel oor die nuwe tendens wat later deur kenners as die “bloeitydperk” van Afrikaanse rolprente bestempel sou word nie. Onder meer het ek die eerste rooi (oftewel blou) tapyt vertonings van Die Wonderwerker, Verraaiers en Wolwedans in die Skemer bygewoon, waarna ek ongelooflike onderhoude met die skeppers daarvan, ondermeer Katinka Heyns & Chris Barnard, Sallas de Jager en Jozua Malherbe gevoer het. (Ja, ek erken, my gesprek met Jozua oor die gotiese elemente, semiotiek en binêre opposisie in Wolwedans in die Skemer het wel in die slag gebly toe ek my RSG storie oor die fliek geredigeer het, maar aangesien ek ‘’n akademikus in my vrye tyd is, kan ek myself soms nie help nie). Jozua is self een van die 2012-talente wat sy debuut by Silwerskerm gemaak het en later bekroon sou word vir werke soos Donkerland, Bloedbroers en die SAUK-reeks Swartwater.

Maar die belangrikste element wat ek by die 2012 fees opgemerk het, is hoe maklik dit was om toegang te kry tot dié veteraan filmmakers wat andersins ontoeganklik sou wees. Ek het onder meer onderhoude gevoer met Regardt van den Berg en Mariechen Troskie-Marx. Mariechen is verbonde aan Mimosa Films en het verklap dat hulle tot vandag not tantième verdien met Jamie Uys rolprente soos The Gods must be Crazy en Dirkie. En natuurlik het ek amper flou geword toe ek langs Jans Rautenbach in die Bay Hotel verbyloop, want het ek kan nie ure en ure tydens my Honneursjaar spandeer om Katrina en Die Kandidaat kragtens Afrikaneridentiteit te ontleed nie? Op daardie stadium was Danie Bester, wat tot op hede…. (getal?) op sy kerfstok het, net die groot sagmoedige reus wat by die tafel langsaan sy middagete genuttig het. Ek was beslis té geintimideer om met hom ‘’n gesprek aan te knoop.

Terug in 2013 was die fees groter. Meer rolprente is vertoon en dokumentêre is ook by die spyskaart gevoeg. Maar ten spyte van MEER mense, was dit steeds moontlik vir jong filmmakers om skouers te skuur met diegene wat hulle later in die bedryf broodnodig sou kry. Of in my eie geval aan die ontbyttafel te beland saam met Henk Pretorius en Llewellyn Greeff, wie se rolprent Leading Lady in 2014 selfs ‘’n somervrystelling in Hollywood sou kry. Op die betrokke oggend het Henk van oor tot oor geglimlag omdat Brümilda van Rensburg toe so pas ingestem het om aan sy jongste filmprojek deel te neem. Llewellyn, wie ek toe nog glad nie geken het nie, het my net vertel van sy pragtige vrou in Londen, Gita.

Die ATKV het ook die Silwerskermtoekenningsaand in dié betrokke jaar uitgesonder om Jans Rautenbach vir sy lewenslange bydrae te vereer en in trane het Rautenbach aangekondig dat hy NA 30 jaar weer sy terugkeer na die regisseurstoel sou maak.

In 2014 het ek na my hotelkamer gestap en amper oor drie figure geval wat besig was om die “boekruil” tafel van die Bay hotel te deursoek. “Ja,” het ek hulle geantwoord, “dit is inderdaad vreemd dat iemand ‘’n Graad 9 Wiskunde handboek in dié rak sou los om met Bronte se Jane Eyre weg te stap. Een van dié middernagtelike figure was Bibi Slippers, wat later die inhoudsregisseur van die Kuns en Vermaakprogram, Flits, sou word. Maar die hoogtepunt van daardie jaar was om my twee mede-Lappies Leeu skrywers, Corné van Rooyen (Hollywood in my huis) en Tina Kruger (Leading Lady) se flieks op die groot skerm te aanskou – en daarna met ‘’n Corné ‘’n onderhoud te voer toe sy fliek in beide die kritici en gehoorkeuse afdelings as beste speelfilm aangewys is. O ja en nog ‘’n hoogtepunt was die aanbieding van die toekenningsaand deur Anne Hirch en Pieter Toerien – wat opreg die draakgesteek het met die bedryf. Na wie kan ek my petisie rig om hulle weer vir ‘’n slag terug te kry?

Nog ‘’n nuwe element van die 2014 Silwerskermfees was die insluiting van anderstalige inheemse rolprente by die fees, soos onder meer Zee Ntuli se Hard to Get. Met hulle insluiting van ook ‘’n nie-Afrikaanse kategorie by die toekenningsaand, het dit ook vir mense soos my Universiteit van Johannesburg kollega, Ntshavheni wa-luhruli, die kans gegee om die fliek te besoek. Ntshavheni is uitgenooi omdat sy Venda fliek “Elelwani”, wat ook in die betrokke jaar die Berlynse Filmfees se Panorama afdeling geopen het, in hierdie Silwerskermkategorie benoem is. Ntshaveheni wat by Columbia in New York onder Spike Lee en Martin Scorcese gestudeer het, het dit mooi gestel toe Tim du Plessis hom vra hoe dit voel om saam met die “Boertjies” te kuier. “What Boertjies? I love South African Film. ALL South African film!”

Só is di took tekenend van hoe die Silwerskermfees met die jare verander het. Van die 2014 kortfliek Room 37 wat op die Cape Flats afspeel, tot hierdie jaar (2016) se openingsfilm, Noem my Skollie, wat onder meer in Pollsmoor afspeel. Van 2013 toe die meerderheid flieks soos Mollie en Wors en Bakgat 3 komedies was – tot 2015 se ernstige tranetrekkers soos Dis ek Anna, ‘’n Man soos my pa en Sink. Ek het self ‘’n traan gestort in 2015 toe Sink se Shoki Mokgapa as beste aktrise bekroon is, want haar toespraak het my net SOVEEL aan dié van Lupita Nyongo in die Oscars herinner.

Tussendeur dit alles, van 2012 tot nou, is dit vir my opmerklik dat die fees altyd in Augustus, in vrouemaand plaasvind, want daar is altyd ‘’n klomp vroue aan die stuur wat seker maak dat alles vlot sal verloop – van die elegante Elle Oosthuizen tot die energieke Suzaan Keyter, innoverende Maryke Allers en meer onlangs Ilza Roggebrand en Melanie Fortuin-Durr, wat sommer ‘’n krisis oplos voordat ‘’n mens eers besef het dit mag dalk een word.

Op al hierdie organiseerders (ja, daarmee sluit ek ook vir Wim Steyn en die ander manlike garde in) wil ek ‘’n heildronk instel. Op al die filmmakers, fliekliefhebbers, joernaliste en kritici (o ja en groot kokkedore soos Karen Meiring en Jan du Plessis) wil ek ‘’n glasie lig. Want Silwerskerm is ook sinoniem met Wyn (onder meer van Du Toitskloof).

Op vyf jaar van kollig in Kampsbaai. Op al diegene wat ek nie nou kon noem nie, maar ook ‘’n sentrale deel speel in die vorming van dié merkwaardige fees. En op die Bioskoop-volgers. Heil die Leser. Want sonder gehore sou hierdie fees verniet gewees het.

Salutem!

Word deel van die vriendekring