BIOSKOOP.CO

Die Span

Ontmoet die fantastiese span agter die skerms

Meer vernuf as Brakenjan en kie.

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Joernalis & Resensent

Dr Anna-Marie Jansen van Vuuren is ʼn senior dosent en navorsingskoördineerder by die Film program van die Departement Visuele Kommunikasie, Fakulteit van die Kunste, by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Sy spesialiseer in navorsingsonderwerpe wat verband hou met “identiteit” en “uitbeelding” in Suid-Afrikaanse rolprentwese, maar in plain Afrikaans: sy hou van fliek – en om dieper na flieks te kyk.
Haar loopbaan het egter by koerante en radio begin. Ná vier jaar by Tuks se studentekoerant, Perdeby, asook ‘n jaar internskap by Tshwane Beeld, het sy in 2006 die eerste keer as ‘n vryskut joernalis by RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum en Naweek-aktueel begin werk. Sedertdien is sy ʼn gereelde stem op die draadloos, veral wat flieksake betref. In hierdie hoedanigheid is sy ook in 2016 en 2018 met ʼn ATKV Mediaveertjie vereer.
Aan die kreatiewe kant was Anna-Marie onder meer ʼn draaiboekskrywer vir drie kinderreekse (Lappies Leeu, Thabong Thabong en Rivoningo) gevolg deur twee speelfilms: Babalas (saam met Carl Stemmet en FC Hamman) en Wolf Wolf – Hoe laat is dit? (saam met Gerhard Ehlers). Sy was ook die vervaardiger en mede-regisseur van Wolf Wolf (waarin Anel Alexander en Dewald Reynecke die hoofrolle vertolk). Haar mees onlangse voltooide draaiboek, wat sy vir haar PhD geskryf het, staan nog en wag op haar rak. Intussen werk sy en kameraad Pieter Lombaard aan ʼn kreatiewe en oudio-visuele biografie oor veteraan-rolprentmaker, Koos Roets.
Anna-Marie hou daarvan om studente te mentor in die praktiese en teoretiese aspekte van die media en rolprentbedryf, en het al haar tong-in-die-kies beskouings hieroor met studente van die Universiteit van Johannesburg, Wits, die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Pretoria, en AFDA in Johannesburg, gedeel.
Anna-Marie is ʼn raadslidvan die WGSA (Writers Guild of South Africa).

Dee Theart

Dee Theart

Joernalis & Resensent

Dee Theart het nog altyd ’n passie vir die kreatiewe wêreld gekoester. Sy het haar BDram-graad by die Universiteit van Stellenbosch behaal en nagraads “Vertaling en Redigering” studeer en met Cum Laude geslaag. Daarna en steeds, is sy bedrywig in vele aspekte van die vermaaklikheids- en mediabedryf.

Dee het sowat tien jaar se ondervinding in die radiobedryf. Eers by kampusstasie MFM, waar sy voltyds voor en agter die mikrofoon gewerk het, en vele toekennings vir haar werk ingepalm het. Daarna kon haar stem ook op binneshuiseradio (onder meer by Ratanga Radio), gemeenskapsradio (onder meer by Radio Helderberg) en mees onlangs op nasionale radio (RSG) gehoor word. Haar stem skitter ook op verskeie radio-advertensies, en meer onlangs het sy oorklankingswerk vir Zee TV, ’n DStv-kanaal, gedoen. As aktrise het sy al paar lekker rolle vertolk, onder meer in die sosiale bewusmaking verhoogstuk, Words, en mees onlangs in grootskaalse Hippo TV-advertensies as die karakter, Elma. Dee is ook een van die gesigte van Silverstar Casino, waar sy as seremoniemeester (MC) optree en groot kontant- en kartrekkingsgeleenthede aanbied.

Haar passie vir die kunste word tans meestal uitgeleef by die Buzz Drama, Dance and Singing, wat by sowat 100 skole regoor Suid-Afrika die kunste aan ‘n jonger gehoor beskikbaar stel. Sy geniet ook haar deeltydse betrokkenheid by Bioskoop.co, as resensent en aanbieder van die Bioskoop webisodes.

Gerhard Ehlers

Gerhard Ehlers

Lektor & Resensent

Gerhard Ehlers is ‘n film en televisieproduksie-dosent by die Boston Media House-kampus in Sandton Johannesburg. Gerhard het homself nog altyd as ‘n storieverteller beskou, en reeds op Hoërskool die draaiboeke en regie van drie onafhanklike kortfilms behartig: Friendly Conscience, Die Heuningwyser en Sekelfontein .Ná skool het Gerhard sy B-Tech graad in filmproduksie an die Tshwane Universiteit van Tegnologie, onder leiding van Leon van Nierop behaal.Gerhard het in 2007 die pryse vir “beste regisseur” en “beste kortfilm” ontvang vir sy kortfilm “Die Koffer”. In 2009 het hy  die beste draaiboek toekenning saam met Dr Anna Marie Jansen van Vuuren ontvang vir hulle skryfwerk aan die vollenge ekpsperimentele speelfilm Wolf-Wolf wat nou op Showmax te sien is.
Gerhard se loopbaan in die plaaslike televisiebedryf het in 2010 afgeskop, waar hy onder meer as produksie-assistant, draaiboekskrywer ,redigeerder en later ook lynvervaardiger op onder meer kinderprogramme,(“Knock-Knock Science Before Breakfast” op SABC 3) musiekvideos,(“Die Volkslied” deur Die Heuwels Fantasties) en sportprogramme (“Advance Sports Fishing Network” op SuperSport) gewerk het.
Hoogtepunte in Gerhard se loopbaan sluit in ‘n nominasie vir “beste buitelandse kortfilm” by die Independent European Film Festival vir die kortfilm “Smoorverlief” (Murderous Love) sowel as sy uitdagende rol as lynvervaardiger saam met vervaardiger en veteraanfilmmaker Katinta Heyns op die KykNET geselsprogram “’n Lewe Met…” (2012-2013).Gerhard het ook in 2017 twee nominasies vir onder andere “beste draaiboek” en “beste regie” ontvang by die 7de KykNET Silwerskermfees vir die kortfilm Wisseltrofee wat met poppe geskiet is.
Ná ‘n paar maande in Kanada, is Gerhard weer terug in sy geboorteland waar hy homself beywer om sy studente te inspireer en hulle talent as toekomstige storievertellers en filmmakers in Suid-Afrika maar ook in die buiteland te ontgin.

Rick Bronkhorst

Rick Bronkhorst

Stigter & Webmeester

Rick het in 2022 sy BA Film & TV Produksie graad te Kaapstad bekom. Hy het voorheen as kommersiële vlieënier gekwalifiseer by Stellenbosch Vliegklub met ‘n vastevlerk instrumentgradering (SACAA CPL Fixed Wing, IR). Sy toekomsplanne behels om homself as film vervaardiger in die vermaaklikheidsbedryf te vestig. Die lys filmmakers wat hom inspireer behels; David Heyman, Christopher Nolan, Tom Hooper, David Yates, Lana & Lilly Wachowski, Alfonso Cuarón, Alejandro González Iñárritu, Janusz Kamiński, Emmanuel Lubezki, Wally Pfister, Hoyte van Hoytema en Ben Smithard.

Roelof Bezuidenhout

Roelof Bezuidenhout

Lektor & Resensent

Roelof Bezuidenhout is tans departementshoof van die Hoër Sertifikaatkursus in Film, Televisie en Vermaaklikheid by AFDA in Port Elizabeth. Hy was ook voorheen ‘n lektor in Film, Data en Gradering by AFDA, asook lektor en akademiese bestuurder: Televisie, Radio en Klank by Boston Media House in Pretoria.

Nadat hy sy Honneursgraad in Bedryfskommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit behaal, het hy sy loopbaan as kameraman-regisseur op programme soos AgriTV, TourismBIZ, en Ulimo (SABC 2 en 3) afgeskop. Op Universiteit was hy onder meer by die kampuskoerant Wapad betrokke as beide Subredakteur en Adjunk Redakteur, waarna hy vir tydksrifte soos Manwees, Farmer’s Weekly en Bona, asook koerante soos die Beeld, Volksblad en Die Burger ‘n verskeidenheid vryskutartikels geskryf het.

Roelof was al ‘n Kwêla insetsel-regisseur en redigeerder, en behalwe vir films, is reis een van sy passies. Hy het vir sewe jaar op luukse passasierskepe gewerk as onder meer ‘n senior videovervaardiger en video tegnikus. In hierdie tyd het hy ál sewe kontinente en sowat 75 lande besoek, en poog nog jaarliks om hierdie lysie langer te maak.

Hy glo daarin om minstens een keer per jaar iets te doen wat jou bangmaak en jou uit jou gemaksone dwingwant dís waar die magic wag… so het hy al saam met haaie geduik in Hawaiiuit ‘n vliegtuig gespring in Nieu-Seeland, geski in Lesotho, en (meer as een keer) die grondpad Karoo toe aangedurf sonder ‘n spaarwiel.

BIOSKOOP.CO

World deel van die

Nie-Winsgewende Organisasie