–
Back of the Moon
‘n viering van die Sophia Town uit die vyftigerjare.
Nuus
Deur
Anna-Marie Jansen van Vuuren
Die rolprent Back of the Moon is volgens die regisseur in sy kern ‘n liefdesverhaal – met bendelede as hoofkarakters- wat teen die landskap van die Sophia Town van 1958 afspeel. ANNA-MARIE JANSEN VAN VUUREN het vir die regisseur Angus Gibson gevra hoekom hy ná sy dokumentêr van 30 jaar gelede weer na die agtergrond van Sophia Town terug te keer.
Hoe het die landskap van Sophiatown die verhaal van Back of the Moon geïnspireer? Waar en hoe het jou eie reis met Sophiatown begin?
Back of the Moon se wortels spruit uit ʼn ervaring drie en dertig jaar gelede. Toe ek in 1986 by die Junction Ave Theatre Company gewerk het was ek besig met ‘n toneelstuk oor Sophiatown. Ek het niks van die area geweet nie, so ek het my na navorsing gewend.
Ek het na die stadsbiblioteek gegaan Drum-tydskrif uit die vyftigerjare gelees wat ek kon vind. Ons het joernaliste, politici, musikante, huiseienaars en lede van die legendariese bendes ondervra. Dit was ‘n groot mengsel van karakters en ek was gefassineer deur die lewe en anargistiese lewenskragtigheid van die Sophia Town.
Dit was die tuiste van ‘n diverse gemeenskap naby die middestad van Johannesburg. Musikante, joernaliste en bendelede het skouers geskuur met politici. In die beroemde tavernes soos “Back of the Moon” en “Thirty Nine Steps”, sou mense onwettig drink en die kwessies van die dag debatteer. Politieke saamtrekke teen Apartheid is op Freedom Square gehou.
Die nasionalistiese regering het Sophiatown as ‘n brandpunt van opposisie beskou en daarom dit geteiken vir verwydering. Die dag voordat die eerste verwydering (forced removal) geskeduleer was, het honderde polisie teen dagbreek op Sophiatown neergesak en die gemeenskap verras. Voordat daar opposisie kon gereël word, het die polisie mense uit hul huise gedwing en hulle op die vragmotors na Meadowlands vervoer.
Oor ‘n tydperk van vyf jaar vanaf Februarie 1955 het hulle mense meedoënloos op straat uitgesit en hul huise gesloop. Hulle het die gebied Triomf hernoem en wit mense het ingetrek.
Die toneelstuk wat ons in die tagtigerjare geskep het, wat ‘n viering van Sophiatown en ‘n protes teen die verwydering was, blyk ‘n groot treffer te wees en het oor die hele wêreld gereis.
Later het ek die groot verspreider en rolprentvervaardiger Anant Singh ontmoet, en hy het voorgestel dat ons saam ‘n speelfilm ontwikkel op grond van die toneelstuk, maar ander projekte het voorgeval en dit het toe nooit gebeur nie.
Tog het jy uiteindelik die vollengte speelfilm Back to the Moon gemaak. Hoe het dit gebeur?
In 2016 het ek die geleentheid gekry om weer die agtergrond en landskap van Sophiatown in ‘n telenovela vir Mzansi, The Road, te besoek. Ons het hierdie ongelooflike vyftigs-stelle en ‘n wonderlike klerekas van kostuums gehad, en toe dit klaar was, het my vennoot Desireé Markgraaf voorgestel dat ons vinnig ‘n speelfilm maak voordat dit uitmekaar gehaal word.
Máár, ek wou nie wéér die storie van die toneelstuk herhaal nie. Ek wou nog altyd ‘n gangster-film maak en die bendes van Sophiatown het my van destyds af gefassineer. Daarom is Back of the Moon ‘n film in die gangster-genre maar tog in sy kern ‘n liefdesverhaal.
Die rolprenttonele was meestal gebaseer op stories wat die gangsters en ander my vertel het toe ek in die tagtigerjare met hulle onderhoude gevoer het. Short Boy van die “Americans”-bende het sy skoolhoof doodgeslaan. Don Mattera was ‘n selfbelyde bendelid, maar ook ‘n digter en intellektueel. Die bendelede het geskerts oor die gebruik van hul messe om mense te terroriseer en beskryf dat hulle die mooiste meisies van die verhoog af ontvoer het om mee te “jol” die naweek. Die meisies sou ongetwyfeld saam met hulle gegaan het en waarskynlik moes vir hierdie vrouens ‘n duistere ervaring gewees het.
Dertig jaar later, toe Anant Singh die rolprente sien, was dit ‘n ietwat ander film as die een wat hy voorgestel het. Maar dit was nietemin een wat ‘n Sophiatown gevier het. Die Videovision en UIP Warner het by ons aangesluit en hul entoesiasme vir die film was aansteeklik.
Hoeveel en tot hoe ‘n mate het jy die oorspronklike tema’s van u dokumentêre projekte Freedom Square & Back of the moon het jy in jou speelfilm geïntegreer?
As ek nou die dokumentêre kyk, voel dit soos ‘n periodestuk uit die tagtigerjare. Dit was ‘n protesfilm. In die tagtigerjare het daar steeds “forced removals” plaasgevind. Die hoop op ‘n demokratiese nie-rassige toekoms was tog baie teenwoordig. Alhoewel swart en wit mense in die rolprente verskyn, speel dit af teen ‘n byna algeheleswart landskap. Dit is fisies in terme van beligting donkerder omdat dit gaan oor bendelede handel wat mekaar in die gesig kyk teen die agtergrond aan die verwyderings, maar dit gaan ook oor ‘n liefde wat blom in daardie drukkoker-situasie. Die dokumentêr is dus oor‘n viering van protes teen onderdrukking. Die rolprente se tema is liefde wat blom ten spyte van die geweld wat die hoofkarakters omsingel.