Snaaks Genoeg vermaak met swaargewig rolverdeling | Bioskoop

Snaaks Genoeg

vermaak met swaargewig rolverdeling
Film

Film

Info

Regie: David Moore

Met: Barry Hilton, Casper De Vries, Jason Goliath, Kurt Schoonraad, Raven Swart, Sandra Prinsloo, Shaleen Surtie-Richards, Soli Philander, Tobie Cronje, Waldemar Schultz, Ramey Short

www.simanga.tv

Martie Bester

Martie Bester

Artikel Skrywer

Lees Meer

Twee van Suid-Afrika se skaterkonings, Tobie Cronjé en Casper de Vries, is te sien in die nuwe Afrikaanse komedie, Snaaks Genoeg. Hierdie ikone van die grapgenre wat gehore hoofsaaklik op die planke vermaak, is nou vir meer kykers toeganklik in ’n rolprent wat binnekort op DVD beskikbaar is.

David Moore, wat die draaiboek en regie behartig het, se film handel oor ’n komediant (De Vries) wat nie meer die lagspiere prikkel nie en in klein dorpies ’n grappie of twee vertel in ruil vir kos en verblyf.

Intussen word suksesvolle komediante op vreemde maniere ontvoer, gemartel en vermoor. Dit is nie lank voor De Vries se karakter ontdek dat die onverskrokke prokureur Koos van der Merwe (Cronjé) van hierdie narre ontslae raak omdat hulle hom en sy familienaam beledig nie.

Die reis van dorp na dorp bring De Vries se karakter tot dieper insigte en uiteindelik lei dit tot selfondersoek… Maar wat gaan gebeur wanneer hy en Van der Merwe mekaar ontmoet? Sal laasgenoemde durf om ’n swak komediant te laat vermoor?

Snaaks Genoeg is in die Karoo verfilm en die rolverdeling sluit onder meer Barry Hilton, Kurt Schoonraad, Sandra Prinsloo, Shaleen Surtie-Richards, Soli Philander en Waldemar Schultz in.

Die film is deur Indigenous Film Distribution uitgereik.

Loer hier na die lokprent

Kommentaar

kommentaar