Rolprentfees-Maand | Bioskoop

Augustus is Rolprentfees-Maand

ʼn Ander unieke aspek van dié rolprentfees, is hulle klem op “ondergrondse rolprentwese”.

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Artikel Skrywer

Anna-Marie Jansen van Vuuren is ‘n dosent by die Departement van Joernalistiek, Film en Televisie by die Universiteit van Johannesburg. Sy is sedert Desember 2006 ‘n vryskut joernalis vir MonitorSpektrum en Naweek-Aktueel, die nuusaktualiteitsprogramme van RSG (SAUK Radio). Sy behaal in 2016 haar PhD-graad in Kreatiewe Skryfwerk – Draaiboekskryf, met spesialisering in geskiedkundige rolprente, by die Universiteit van Pretoria.

Lees Meer

Augustus is dalk vrouemaand in Suid-Afrika, maar dit blyk ook om rolprentfees-maand te wees, met drie plaaslike filmfeeste wat ʼn platform bied vir amateur rolprentmakers asook gesoute storievertellers.

Die maand het heel toepaslik afgeskop met die Mzanzi Women’s Film Festival. Soos die naam aandui, is die fees daarop gemik om films te vertoon wat kwessies wat vroue raak: van stereotipering, en die glasplafon tot mishandeling en selfs vroue se stryd met hul lyfsbeeld (“body image”) wat aangrypend deur Kayleigh Cannon in haar eksperimentele kort fliek uitgebeeld is. Dokumentêre rolprentmaker, Shelley Barry, oor wie se werk daar ook ʼn respektive op dié fees was, sê dié fokus val ook op vrouerolprentmakers wat self hulle eie stryd voer om hulle stempel op die bedryf af te druk en die stories te vertel wat hulle eintlik wil vertel.

Vir verdere nuus oor die Mzanzi Women’s Film festival besoek https://mwff.co.za/

Intussen bied die Open Window Kollege die van 18 tot 20 Augustus die iMPAC fees by sy kampus in Irene aan. Wat hierdie fees uniek maak, is dat dit waarlik fokus op die meer artistieke sy van rolprentmaak en waarlik ʼn platform bied vir niche rolprente waarvoor groot verspreiders en uitsaaiers gewoonlik hulle neuse voor optrek.

ʼn Ander unieke aspek van dié rolprentfees, is hulle klem op “ondergrondse rolprentwese”  met besprekings deur onder meer Trevor Taylor, Anton Kotze en Aldo Lee. Verskeie flieks wat in die surrealistiese styl gemaak is, asook stil rolprente wat met regstreekse musikale begeleiding gepaardgaan, beloof volgens die organiseerders om hoogtepunte op dié fees se filmspyskaart te wees. Buiten vir die fees het Impac ook ʼn mandaat om kunsrolprente te bewaar deur middel van ʼn rolprentbiblioteek asook die dokumentering van stories wat mondelings deur die eeue heen in Afrika oorvertel is.

Vir verdere nuus oor iMPAC Festival of the Applied Arts and Moving Image besoek https://www.impac.co.za/

Laastens, maar allermins die minste, vind die Silwerskermfees ook natuurlik aan die einde van die maand langs die sogenaamde “Boere-rivièra” (soos die organiseerders graag daarna verwys, in Kampsbaai plaas. ʼn Nuwe toevoeging tot hierdie jaar se fees is die befondsing van kort flieks wat slegs 12 minute lank is. Bioskoop se eie Gerhard Ehlers se fliek Wisseltrofee, wat hy saam met sy Boston Media House kollega, Andrew Gould gemaak het, is ook een van hierdie debuut kortflieks. Altesaam is daar hierdie jaar 65 flieks op die silwerskermfeesprogram, wat vollengte speelfilms, kortflieks en kort-kort flieks insluit. Die vollengte speelfilms wat hulle eerste vertonings en blou tapyt premières by die 2017 Silwerskermfees sal geniet is: Raaiselkind, Meerkat Maantuig, Liewe Kersfeesvader, Vaselinetjie, Wonderlus, en Vuil Wasgoed.

Bioskoop woon die Silwerskermfees by en sal nuus deel soos wat dit rondom ons omvou.

Kommentaar

kommentaar