Mooirivier | Bioskoop

Mooi Rivier

'n Eerste verwewing van Verhale

Draaiboek en Regie: René van Rooyen

Met: Anel Alexander, Tim Theron, Heinz Winckler, Nadia Beukes, Anne Hirsch, Bouwer Bosch, Milan Murray, Hykie Berg, Leandie du Randt en Danie Putter

Nóg ‘n liefdesverhaal wat in die somer vrygestel is, maar met ‘n ander aanslag as Knysna, is Mooirivier.

Die verhaal speel af soos die bekende Britse klassieke romantiese komedie, Love Actually, waar verskillende liefdesverhale vertel word, en so word dit verweef in die hooffilm waar die temas as liefde, vergifnis en soeke na self beskryf kan word.

Click to accept cookies and enable this content

 

Die storie word gespeel deur ‘n ensemble rolverdeling van Suid-Afrikaanse bekendes, en het die beproefde resep van musikante ook gebruik as akteurs (in hierdie geval Heinz Winckler), om seker te maak die sterk musiekelement, wat so suksesvol doen in Afrikaanse films, sal slaag.

Die spel van die akteurs is nie noodwending iets om voor huistoe te skryf nie, en die mengsel van musiek, onrealistiese scenario’s en pragtige mense, raak effens belaglik. Dit voel soos ‘n droom, eerder as ‘n film. Die fliek is wel kykbaar. Dit  trek so nou en dan die hartsnare en daar is elemente waar jy jouself vang glimlag. Die film is pret om na te kyk, en die regisseur en skrywer het dit reggekry om die verskillende mini-verhale goed saam te weef in die finale produk.

Dit is wel die moeite werd om te noem dat alhoewel die storie glad nie oorspronklik is nie, die tegniese deel van verfilming – kinematografie, die sny van die tonele en selfs die manier hoe die musiek gebruik word vir effek – ook baie goed gedoen is. 

Kyk gerus Mooirivier. Ek is van opinie dat ons in die evolusiefase van Suid-Afrikaanse filmbedyf is en dat jy vriendelik verplig is om ALS te kyk wat gemaak word op die plaaslike front wanneer dit by rolprente en reekse kom. Jy sal dalk ‘n liedjie wil aflaai as dit jou styl van musiek is, en dit is dalk een van daardie DVD’s wat jy vir die koue winteraande wil aanskaf wanneer daar weer niks op DStv is nie.

Deur: Hein Scholtz

Volg Hein op Twitter of besoek sy webtuiste www.heinscholtz.co.za

Bitnami