Leading Lady | Bioskoop

Leading Lady

Boer & Brit word meer as Wyn

Draaiboek: Henk Pretorius en Tina Kruger

Regie: Henk Pretorius

Met: Katie McGrath, Gil Bellows, Bok van Blerk en Brümilda van Rensburg

Click to accept cookies and enable this content

Daar is min tye wat ‘n rolprent so belowend begin. Leading Lady is ‘n verhaal van ‘n dwalende kreatiewe gees, Jodi (Katie McGrath), woonagtig in die batonwoud van Londen. Jodi kom Suid-Afrika toe om vir haar moontlike rol as ‘n Afrikaanse oorlogheldin voor te berei. Terwyl sy in Suid-Afrika karakternavorsing doen, ontmoet sy vir die (weereens ‘n musikant, maar dié keer warm gespeel deur Bok van Blerk) arm boer, Kobus, wat halsoorkop verlief raak op haar.

Kobus se ma word deur ‘n effe laf Brümilda van Rensburg gespeel – `n uitstekende keuse vir die rolverdeling. En net soos enige romantiese komedie wat sy sjokelade-en-springmielies werd is, is daar ‘n diep wending in die storie so halfpad deur, net wanneer als vlot verloop…

Henk Pretorius kry die beste uit sy akteurs in hierdie rolprent – elke akteur is duidelik haarfyn gekies vir sy/haar spesifieke rol. Spesiale melding gaan aan Bok van Blerk, wat meer as sy aandeel na die prent bring.

Hou ‘n oog uit vir elke toneel waar Petrus verskyn.

Leading Lady is wel die moeite werd om ‘n draai by die bioskoop te maak – of ten minste ‘n lawwe aand met die DVD tuis. 

Deur: Hein Scholtz

Volg Hein op Twitter of besoek sy webtuiste www.heinscholtz.co.za

Bitnami