Knysna | Bioskoop

Knysna

'n Swembadskoonmaker wat die liefde vind

Draaiboek: Emile Hager

Regie: André Velts

Met: Neels van Jaarsveld, Marguerite Wheatley, Kaz MacFadden, Juanita de Villiers, Morné du Toit, Cintaine Schutte, Emile Hager, Armand Aucamp en Terence Bridgett

Knysna is die tipe film waarvan ons meer kan verwag met die aanbreek van die somer rolprentseisoen; net soos in Amerika waar die groot romantiese- en geweldadige films begin draai wanneer dit warmer begin word.

Click to accept cookies and enable this content

 

In dié geval is Knysna ‘n romantiese komedie met al die elemente van ‘n “maak los jou bolla en lag ‘n bietjie” uitstappie flieks toe.

Dolf is ‘n dertig-iets swembadskoonmaker met van die mees eksentrieke vriende en familie, die sogenaamde vleirotte. Sy lewe gaan eintlik nêrens, maar hy kom nie tot daai besef totdat hy vir Dezi ontmoet nie…

Die film draai om ‘n romanse wat afspeel in die Tuinroete aan die Weskus van ons land, en is suksesvol in die manier hoe dit vakansiegees uitbeeld.

Alhoewel die film nie noodwendig bekend sal word vir die toneelspel van die akteurs nie, is dit wel die moeite werd om te noem dat die span akteurs goed saamwerk om ‘n gladde, natuurlike storievloei te bewerkstellig – en daarvoor kan ons die regisseur, André Velts, bedank.

Neels van Jaarsveld speel die hoofrol, en dis lekker om te sien hy speel nie ‘n karikatuur nie. Marguerite Wheatley speel puik as sy liefdesbelangstelling.

Kyk gerus – Knysna is ‘n goeie voorbeeld van die Suid-Afrikaanse filmbedryf se evolusie, deurdat die stories en aanslag wel verbeter met tyd.

Deur: Hein Scholtz

Volg Hein op Twitter of besoek sy webtuiste www.heinscholtz.co.za

Bitnami