‘Inxeba’-filmmakers veg terug teen ‘ongegronde’ aantygings, doodsdreigemente | Bioskoop

Inxeba

Filmmakers veg terug teen ‘ongegronde’ aantygings, doodsdreigemente

“‘Inxeba’ gaan nie weg nie en ons is vasbeslote om seker te maak dat mense wat die film wil sien die geleentheid kan hê,”

Martie Bester

Martie Bester

Artikel Skrywer

Lees Meer

Protes-aksie deur aktiviste het op Vrydag, 2 Februarie daartoe gelei dat verskeie teaters geforseer is om vertonings van die Suid-Afrikaanse rolprent, ‘Inxeba’ (‘The Wound’) te kanselleer. Hierdie film is tot groot kritieke lof in Afrika en die res van die wêreld vertoon.

Dit het tot op datum 19 toekennings by 44 feeste in meer as 25 lande gewen, insluitend Suid-Afrika. ‘Inxeba’ is ook vir agt 2018 SAFTAs (South African Film and Television Awards) genomineer.

In ’n onderhoud op die kanaal ANN7 op 2 Februarie, die dag van die film se landswye vrystelling, het die uitvoerende hoof van die Man and Boy Foundation gesê dat “99% van die Suid-Afrikaanse bevolking teen hierdie film gekant is”. Die teendeel is egter bewys met die hoeveelheid rolprentbywonings op die dag wat die film begin draai het.   

Indigenous Film Distribution, die maatskappy wat die film in Suid-Afrika vrystel, het uitgewys dat Nxesi se stelling onwaar is. “Voor die film se openingsnaweek, is voorvertonings landswyd gehou en het 85% van die mense wat dit bygewoon het van die rolprent gehou,” sê besturende direkteur, Helen Kuun. “Dit was ook die nommer een film by sewe van die venues waar dit op Vrydag gewys het.”

Sedert Julie 2017, wys die film by venues landwyd om aanmoediging tussen die filmmakers en verskeie gehore aan te moedig. “Ons het die film na verskeie liggings deur die land geneem, veral vir diegene wat nie toegang tot flieks in hulle gemeenskappe het nie en het seker gemaak om dit veral in die Oos-Kaap te doen,” sê vervaardiger Cait Pansegrouw.

Meeste van die protes-askie vind in die Oos-Kaap plaas, aangesien die film na bewering die Xhosa-bevolking se eeueoue inisiasie-geheime en -rituele verklap. Xhosa-mans beskou hierdie inisiasie-proses as ’n heilige deel van hul inlywing tot manwees.

“‘Inxeba’ het ook by Suid Afrikaanse filmfeeste gewys: twee in KwaZulu-Natal en een in die Wes-Kaap. “Hierdie vertonings was oop vir lede van die publiek. Om te impliseer dat ons opsetlik sekere mense of organisasies daarvan weerhou het om die fliek te sien, is nie waar nie,” gaan Pansegrouw voort. 

Die film se regisseur, John Trengove, stem ook nie saam met die ‘ongegronde’ protes-aksie nie: “‘Inxeba’ is nie die eerste stuk werk wat inisiasie bespreek nie en ek is seker dit sal nie die laaste een wees nie.

“Dit is totaal vals dat die film enigiets blootstel wat nie reeds bekend is nie. Ek moet kategories sê dat ons ’n geweldige hoeveelheid navorsing gedoen het saam met Xhosa-mans wat deur inisiasie is tydens die skryf en ontwikkeling van hierdie film,” sê hy.   

“Niemand word geforseer om die film te kyk nie, maar Suid-Afrikaners het die reg om dit te sien,” sê vervaardiger Elias Ribeiro. “Betogers by verskeie rolprentteaters het werknemers gewaarsku dat hulle hul huis toe sou volg en sou doodmaak indien die vertoning van die fliek voortgaan. Dit is nie aanvaarbaar in ’n demokratiese samelewing nie.”

Die filmmakers het ’n klag by die Menslike Regte Kommmissie gelê na Vrydag se protes-aksie. 

“‘Inxeba’ gaan nie weg nie en ons is vasbeslote om seker te maak dat mense wat die film wil sien die geleentheid kan hê,” sluit Trengove af.   

‘Inxeba’ wys landswyd by uitgesoekte teaters.

*Vertaalde en aangepaste persverklaring oorspronklik uitgereik deur Mad Moth Communications.

Kommentaar

kommentaar