Die Windpomp | Bioskoop

Die Windpomp

So maak mens Skoonskip by Die Silwerskermfees

Draaiboek en Regie: Etienne Fourie

Met: Armand Greyling, Leandie du Randt, Marga van Rooy, Ian Roberts, Grethe Fox, Marko van der Colff, Sean-Marco Vorster en Maridi Jooste

Etienne Fourie het aan die Suid-Afrikaanse filmbedryf gewys dat genoeg chutzpah en dryfkrag van ‘n suksesvolle kortverhaalprojek ‘n nog meer suksesvolle vollengte rolprent kan maak. 

Click to accept cookies and enable this content

 

Die Windpomp vertoon aan die gehoor die lewe van Hendri (vertolk deur Armand Greyling), in die surrealistiese omgewing van ‘n tehuis, waar hy saam met sy Ma woon. Hy is ‘n ingetrokke, effens wanaangepasde tiener. Die trek na sy oupa se huis is die katalisator vir die avontuur waarop Hendri homself bevind en deur die rolprent vertel word. 

Hier, omring deur ouer mense wat ‘n fyn eksentrisiteit en bittersoet atmosfeer skep, in teenstryd met die keuses en doen-en-late van ‘n jong man soos Hendri, ontmoet hy sy buurvrou (die onmiskenbare Marga van Rooy) se kleindogter, Margo (du Randt – die aktrise het duidelik baie hard gewerk die afgelope tyd, want sy is in amper elke film). 

Die Windpomp is eintlik ‘n avontuurverhaal, wat ons meer vertel oor die lewe deur die oë van Hendri, en alhoewel daar romanse op die kaarte is vir die kyker, is daar soveel meer as net dit wat deur die rolprent vertel word. Die film is suksesvol in dat dit ‘n sekere sentiment oordra – om die oomblikke in ‘n mens se lewe te waardeer, omdat dit jou lewe en herinneringe definieer. Die konstante ouermens faktor fokus op dié sentiment, want ‘n mens kry die hele tyd die gevoel die druk is op Hendri om NOU risiko’s te neem en NOU sy lewe ten volle te ervaar… want spyt kom te laat. 

Dis die moeite werd om te noem dat fyn aandag aan die rolprent se kleur en beligting gegee is, wat die tonele werklik asemrowend maak.  

Deur: Hein Scholtz

Volg Hein op Twitter of besoek sy webtuiste www.heinscholtz.co.za

Bitnami