‘Die Storie van Ellen Pakkies’ goed ontvang by RIFF | Bioskoop

'Die Storie van Ellen Pakkies' goed ontvang by RIFF

“Ons doel was om te wys hoe hierdie vrou deur die stelsel in die steek gelaat is; eerder as om haar seun as ’n booswig uit te beeld.”

Martie Bester

Martie Bester

Artikel Skrywer

Lees Meer

Die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur Daryl Joshua is oorweldig deur die reaksie van gehore op sy jongste speelfilm, ‘Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies’ by die Rotterdamse Internasionale Filmfees (RIFF) wat vanaf 24 Januarie tot 4 Februarie in Nederland plaasgevind het, berig Independent Online.

‘Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies’, handel oor ’n ma van Lavender Hill op die Kaapse Vlakte wat haar gewelddadige tik-verslaafde seun in 2007 doodgemaak het. Dit is Joshua se tweede film na sy suksesvolle debuutproduksie, ‘Noem My Skollie’.

Volgens Independent Online sê Joshua: Ek was huiwerig om nog ’n biografiese film te maak, maar ek het Ellen deur die vervaardigers ontmoet en haar storie het aanklank by my gevind.

Foto van die werklike Ellen Pakkies deur David Goldblatt

“Die gehoor (in Nederland) is nie regtig bewus van hierdie pandemie nie en hulle reaksie was ongelooflik, omdat ons doel was om te wys hoe hierdie vrou deur die stelsel in die steek gelaat is; eerder as om haar seun as ’n booswig uit te beeld.”

Ellen Pakkies (Jill Levenberg) en haar dwelmverslaafde seun, Abie (Jarrid Geduld) het ’n stormagtige verhouding gehad. Die film handel oor die gebeure wat daartoe gelei het dat Ellen haar seun vermoor het, asook die hofsaak wat daarna gevolg het.

‘Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies’ word landswyd in teaters op 7 September 2018 uitgereik.

Kommentaar

kommentaar