75 Jaar van die Golden Globes | Bioskoop

75 Jaar van die Golden Globes

Dit verskil van die Oscars waar die pryse deur die benoemdes se eweknieë in die bedryf toegeken word.

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Anna-Marie Jansen van Vuuren

Artikel Skrywer

Anna-Marie Jansen van Vuuren is ‘n dosent by die Departement van Joernalistiek, Film en Televisie by die Universiteit van Johannesburg. Sy is sedert Desember 2006 ‘n vryskut joernalis vir MonitorSpektrum en Naweek-Aktueel, die nuusaktualiteitsprogramme van RSG (SAUK Radio). Sy behaal in 2016 haar PhD-graad in Kreatiewe Skryfwerk – Draaiboekskryf, met spesialisering in geskiedkundige rolprente, by die Universiteit van Pretoria.

Lees Meer

2018 is die jaar waarop die 75ste Golden Globe-toekennings plaasvind. Die Golden Globes word elke jaar deur die buitelandse media en kritici, oftewel die Hollywood Foreign Press Association, toegeken. Dit verskil van die Oscars waar die pryse deur die benoemdes se eweknieë in die bedryf toegeken word.

Alhoewel die beoordelaars van die Oscar en Golden Globe toekenningsgeleenthede heeltemal verskil, kyk mense tog na die Golden Globes om ʼn voorsmakie te kry van wat hulle dalk met die Oscars te wagte kan wees – veral omdat die Globes sowat twee weke voor die aankondiging van die Oscar-benoemings plaasvind.

Is daar enige Suid-Afrikaanse produksies vir die 75ste Golden Globes benoem?

Alhoewel die Suid-Afrikaanse fliek The Wound nie vir ʼn Golden Globe benoem is nie, hou ons steeds asem op dat dié fliek vir hierdie jaar se Oscars benoem sal word. Dit het reeds die Top 10-lys gehaal, waarvan daar vyf finale rolprente in die Beste Buitelandse kategorie benoem sal word.

Wat is van die bekendste reëls van Globe-wenners wat hulle aanvaardingstoesprake as ʼn platform gebruik het om ʼn boodskap te lewer?

An actor’s only job is to enter people’s lives that are different from us…”Meryl Streep (nadat President Trump ʼn reisverbod op sekere Midde-Oosterse lande gehef het)

“A beautiful mind is just a movie… but hopefully it will give us a belief that in our lives – something extraordinary could always happen…” – Russel Crowe (A Beautiful Mind)

“I celebrate this award with every person that has been touched by a film…” – Queen Latifah (Life Support)

I dedicate this award to all the first people’s whose stories aren’t always heard or told – Leonardo di Caprio (The Revenant)

Wie is die jongste persoon wat nog ooit ʼn Golden Globe gewen het?

Ricky Schrőder is op 9-jarige ouderdom die jongste wenner ooit van ʼn Golden Globe-toekenning vir die 1980 fliek The Champ.

Die 75ste Golden Globes vind Sondagaand, 7 Januarie 2018, in Los Angeles plaas. Die toekennings sal regstreeks om 03:00 die oggend Suid-Afrikaanse tyd uitgesaai word, met ʼn heruitsending op Maandagaand, 8 Januarie 2018, op betaaltelevisie.

Kommentaar

kommentaar