3 Days to Go

Opsomming

Sinopsis

Resensie

Deur

Dee Theart

Elke huis het sy kruis, en in die geval van die Isaac-familie is dit geen uitsondering nie.

Na die skoknuus dat geliefde, man, pa en oupa Gabriel Isaac (Rueben Naidoo) die tydelike met die ewige verwissel, bevind die Isaac kinders hulself, na jare weer saam onder een dak, en dit vir ‘n volle drie dae…

Janet Isaac (Leeanda Reddy) die oudste sister en tweede van vier kinders, is en was nog altyd haar ouers se steunpilaar.Sedert haar man en die pa van haar deesdae gotiese tienerdogter Kiara (Kiara Govender) jare gelede tragies gesterf het, bly sy en haar dogter by haar ouers.Sy is ‘n suksesvolle kinderboekskrywer, standvastig en in beheer,of so probeer sy haarself oortuig.Janet se verhouding met Oliver ‘n chirurg raak ernstig en sy vrees haar familie se reaksie op die idee van trou met ‘n westerling.

Melissa (Jarloshini Naidoo) die tweede oudste dogter word gekenmerk deur haar ongelukkige huwelik.Melissa sit boonop met haar twee kleinseuns wat sy moet grootmaak aangesien hulle ma (haar dogter) Candice (Zakeeya Patel)‘n lewe van partytjies, dwelms en kits-kêrels verkies.Die enigtse ding wat Amy (Kajal Bagwandeen) die jongste dogter en hul enigste broer en ouboet Riki (Rahul Brijnath) in gemeen het, is geld.Amy se lewe word gekenmerk deur weelde, ontwerpersklere en reise oorsee,al waaroor sy met haar familie kan gesels is haar eerste-wêreld probleme terwyl Riki homself gereeld in die moeilikheid bevind weens sy onblusbare drang na die boddelhuise en geluksgodin.Ma Lakshmi (Lillette Dubey) is die gom wat die familie probeer bind.Haar huwelik van meer as dertig jaar met Gabriel was ‘n gelukkige een,en dit breek haar om te sien hoe haar kinders deur die lewe wroeg met hulle eie verhoudings.

Sonder twyfel is die toneelspel in “3 Days to Go” die uitstaan-faktor en bied hope trefkrag.Leeanda Reddy bekend vir haar groot rol as Priyanka in die geliefde sepie Isidingo bewys dat sy haarself in komedie netso goed van haar taak kan kwyt as in drama.Dit is egter bykarakters soos die koninging van komedie Tumi Morake as Riki se wraagsugtige eksmeisie “Babes” en die Brahman gespeel deur ‘n uitstekende Ashish Ganganpersad wat gehore sal laat skater van die lag!

Tegnies is “3 Days to Go” goed geslaagd.Die kamerawerk, beligting, en redigering word in so ‘n mate saamgenoer met net een doel voor oë:om die basiese storie te vertel.Die balans tussen komedie en drama is gebalanseerd en die teks sorg vir genoeg wendings vir die negentig minute tydsduur.

Al is die einde voorspelbaar sal “3 Days to Go” jou steeds met ‘n glimlag en ligter gemoed die ateljee laat verlaat met ‘n eggo van die film se loglyn in jou agterkop, dat geen familie perfek is nie.

Inligting

}

Speeltyd

98 min

i

Teks & Regie

Bianca Isaac

Skerms

25

s

Ouderdomsbeperking

 13 D L V

Akteurs

Leeanda Reddy, Lillette Dubey, Jailoshini Naidoo, Kajal Bagwandeen, Rahul Brijnath, Jonathan Boyton-Lee, Ashish Gangapersad, Tumi Morake, Zakeeya Patel, Pranesh Maharaj, Ruben Naidoo, Kiara Govender

Sterre

3/5

Bruto Inkomste

0

Word deel van die vriendekring